VAN PLOMP TOT PLAT
IN NET 12 WEKE!
Is jy reg vir daai plat maag? Ons het ’n onverbeterlike oefen-en-eet-program vir mans ontwerp wat jou maagvet binne 12 weke sal wegbrand EN lenige spiere sal bou. Plus: Jy het nie eens baie toerusting óf ’n duur gim-lidmaatskap nodig om dit reg te kry nie. Die hele program kos net R495
Basta dus met verskonings – kom nóú aan die gang! Ons gaan jou VINNIG by ’n supersexy Instagram-foto uitkry. Dis tyd om mense se oë te laat rek!
Dis tyd om die beste lyf ooit te kry!Geen ou mag skaam voel om sy hemp uit te trek nie. Elke man verdien ’n lyf waarop hy trots is, en dis waar die Groet Jou Boep-program inkom!
Skryf vandag in en kry ’n sespak wat vir niks skrik nie!
Jy kry ’n onverbeterlike oefenprogram en ’n smullekker gesonde eetplan – daar’s geen verborge kostes nie. Vinnige resultate word gewaarborg. Klik op die knoppie hieronder om mense se oë te laat rek!
Hoekom Groet Jou Boep?
- Die twaalfweekprogram begin met oefeninge wat ENIGEEN kan doen, en bou dan stoom op.
- Jy kan hierdie liggaamsgewigsprogram op ENIGE PLEK aanpak – jy het nie ’n duur gimnasium nodig nie. Jy kan die oefeninge en eetplanne op jou foon lees – dis nie nodig om ’n app af te laai nie.
- Die voedingsplan sny jou kilojoules, maar die kos is steeds HEERLIK. Die maaltye is geurig en sal jou versadig laat voel. Dis nie ’n dieet nie, dis ’n leefstyl-eetplan wat jy sal geniet.
- Die maaltye is BEKOSTIGBAAR.
- Ons wys vir jou hoe om elke oefening te doen. As jou tegniek perfek is, sal jy BESERINGS VOORKOM.
- Aan die einde van die 12 weke sal jou lyf beter lyk en sal jy meer SELFVERTROUE hê. Jy sal nie omgee om jou hemp uit te trek nie.
Hoe werk Groet Jou Boep?
Nadat jy ingeskryf het, kry jy dadelik toegang tot die volle GJB-program. Dit sluit die oefenroetine van 12 weke in, asook die eetplan wat deur ’n dieetkundige goedgekeur is. Jy kan van jou rekenaar of mobiele toestel af toegang tot alles verkry. Dis nie nodig om ’n app af te laai nie. Begin eenvoudig by week een, dag een en volg die plan dag vir dag om vinnige resultate te verkry wat jou vriende en familie sal beïndruk, maar – die belangrikste van alles – jou die plat maag sal gee wat jy nog altyd begeer het.
DIE OEFENPLAN
Vergeet van duur persoonlike afrigters en die nuutste oefengiere – ons het die oefenplan wat jou die meeste gewig kan laat verloor terwyl dit die soort spiere bou wat geen mens kan miskyk nie.
Die GJB-oefenplan is deur Trevor Lagerwey ontwikkel – ’n gekwalifiseerde persoonlike afrigter en professionele atleet – span die krag- en kardio-oefeninge in wat die doeltreffendste werk om jou metabolisme op te jaag en soveel vet moontlik te verbrand sodat jy die beste lyf ooit kan kry. Die plan is in fases verdeel en video’s demonstreer die bewegings, sodat selfs beginners dit maklik kan volg.
DIE VOEDINGSPLAN
Dis g’n dieet dié nie. Dis ’n gebalanseerde, praktiese eetplan wat jou gaan leer hoe om beter te eet sodat jy die hoëverrigtingslyf wat jy bou, soos ’n kenner van die nodige brandstof kan voorsien. Moenie bekommerd wees nie – jy sal goed eet: baie maer vleis en proteïen, gesonde vette en voedsame/goeie koolhidrate.
Die eetplan is ontwerp vir ’n man wat 90 kg weeg en ’n kilogram per week wil afskud, maar ons wys jou hoe om die porsiegroottes aan te pas sodat dit vir enige liggaamsgewig geskik is. Om dit te doen, werk ons saam met die beste in die bedryf: die geregistreerde dieetkundiges Shelly Meltzer & Associates by die Sportwetenskapsinstituut van Suid-Afrika.
Hoekom werk Groet Jou Boep?
Skryf vandag in en kry ’n sespak wat vir niks skrik nie!
Jy kry ’n onverbeterlike oefenprogram en ’n smullekker gesonde eetplan – daar’s geen verborge kostes nie. Vinnige resultate word gewaarborg. Klik op die knoppie hieronder om mense se oë te laat rek!